Listeners:
Top listeners:
play_arrow
Radio Today Radio Today
play_arrow
Morning News Mike Stroud
play_arrow
Morning News Mike Stroud
Viskoekies is nogal iets waaroor mense sterk opinies kan hê. Jy is óf dol daaroor, of dis nou nie eintlik op jou lys van gunstelinge nie. Maar hierdie resep van Heleen Meyer is een waarvoor daar oor en oor gevra word. Dis maklik om te maak en met een blikkie sardyne (pilchards) kan jy ’n hele voedsame ete voorberei. Sardyne is ’n baie bekostigbare protein en regtig gesond, want dis propvol gesonde olies en die sagte visgraatjies is ’n uitstekende bron van kalsium. So moenie die grate uithaal nie, maar druk dit saam met die vissies fyn en gebruik dit as deel van die mengsel.

Daar is baie verskillende soorte viskoekieresepte – van ’n eenvoudige mengsel met meel, groente, eier en geurmiddels, soos hierdie maklike resep van Heleen, tot ’n mengsel van gaar aartappel, vis en geurmiddels, wat dikwels ook eers gekrummel word en dus heelwat meer werk vra. Heleen gebruik ’n paar bestanddele om die viskoekies geurig, interessant en ekstra vullend te maak. Gekapte ui en gerasperde wortels gee dit volume en ’n natuurlike soet smaak. Sy gebruik ook ’n bietjie hawermout, meel en eier om die mengsel te bind, maar steeds lig te hou. Die suurlemoen en kruie is regtig lekker in die mengsel en sy gee die wenk dat die viskoekies uitstekend vries.
 Maklikste viskoekies
Resep deur Heleen Meyer
Lewer 25 koekies
1 x 410 g-blik sardyne in tamatiesous
45 ml (3 e) water
1 klein ui, gerasper
2 wortels, grofgerasper
60 ml (¼ k) koekmeel
2 eiers, geklits
125 ml (½ k) hawermout
60 ml (¼ k) blatjang of tamatiesous
60 ml (¼ k) gekapte vars kruie, soos Italiaanse pietersielie en koljander
5 ml (1 t) fyn koljander
fyngerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
sout en peper
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie vir braai
Vir nog resepte soos hierdie, besoek Heleen se webwerf.
Foto deur Neville Lockhart
Written by: Mike Stroud
12:00 pm - 1:00 pm
1:00 pm - 3:00 pm
3:00 pm - 5:55 pm
5:55 pm - 6:00 pm
6:00 pm - 7:00 pm
Post comments (0)