Listeners:
Top listeners:
play_arrow
Radio Today Radio Today
Rebel Rock Radio Hard Rock on Radio Today
play_arrow
Game Time Sports Mike Stroud
play_arrow
Game Time Sports Mike Stroud
Kaaskoek is vir baie mense ’n groot gunsteling, maar hulle sien amper nie kans om dit self te bak nie. Daar is baie verskillende kaaskoekresepte en die geure wat in ’n kaaskoek gebruik kan word, is eindeloos. Heleen Meyer het jare gelede dié weergawe met grenadella iewers geproe en vir die resep gevra. Nou vra mense haar weer gereeld vir die resep, as hulle hierdie lekker somernagereg geëet het.

Dis ’n maklike alternatief vir ’n gebakte kaaskoek en het steeds ’n lekker romerige tekstuur, maar dit word inderdaad gevries en nie gebak nie – sommer ekstra lekker vir ’n warm somersdag. Dit kan ook lank voor die tyd gemaak word wat dit ideaal maak vir die besige feestyd. Die basis is hoofsaaklik suiwelprodukte, soos met baie ander kaaskoekresepte en dan kondensmelk om die gevriesde weergawe steeds romerig te hou. Die grenadella is so lekker saam met die maaskaas en room, maar loer gerus na die wenk om ’n bessieweergawe ook te kan maak.
Die kors van die kaaskoek word met suurlemoenroomkoekies (Lemon creams) gemaak, maar as jy avontuurlustig voel, kan jy sjokoladekoekies ook gebruik (soos Romany creams), want grenadella en sjokolade is ’n baie lekker kombinasie. Let ook mooi op na die metode, dis baie eenvoudig, maar kan verwarrend of verkeerd voel. Die loperige vulsel word in ’n uitgevoerde koekpan of ander vorm geskink en dan word die koekiekrummel bo-op gepak. Dit word dan só gevries, want wanneer die koek op ’n bord uitgekeer word, is die koekielaag aan die onderkant. Die metode verduidelik baie mooi wat om te doen, so volg dit net stapsgewys.
Bevrore grenadella-kaaskoek
Resep deur Heleen Meyer uit Kos is op die tafel!
Lewer 10 – 12 porsies
Kors
1 x 200 g-pakkie suurlemoenroomkoekies (Lemon creams)
100-125 g (100-125 ml) botter, gesmelt
Vulsel
2 x 397 g-blikke kondensmelk
250 ml (1 k) suurlemoensap
200-250 g geroomde of gladde maaskaas
250 ml (1 k) vars room
2 x 115 g-blikke grenadellapulp
Wenke:
Vir nog resepte soos hierdie KLIK hier om na Heleen se webwerf te besoek.
Foto deur Adriaan Vorster
Written by: Mike Stroud
8:00 am - 10:00 am
10:00 am - 10:30 am
10:30 am - 12:00 pm
12:00 pm - 1:00 pm
1:00 pm - 3:00 pm
Post comments (0)